Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
retro-akroniem s.nw. | retro-akronieme | (taalkunde) ◌ Ook retroakroniem ◌ akroniem wat uit ’n bestaande woord gevorm word deur elke letter waaruit die woord bestaan as die beginletter van ’n ander woord aan te wend sodat die oorspronklike woord op die manier in ’n akroniem omskep word: › Aanhangers van Arthur Conan Doyle se Sherlock Holmes-karakter het uit Sherlock die retro-akroniem SHERLOCK – Sherlock Holmes Enthusiastic Readers League of Criminal Knowledge – as naam vir hul vereniging geskep. ◌ SINONIEM(E): truoniem ◌ ENGELS: backronym | bacronym
rasieleier
Rasoel
rassisme
rat
RDS
realiteit
recce
reduplikasie
reënboog-
reënboogarmband
reënboogdwang
reënboogspektrum
reënboogvlag
regrukstrategie
reisrusie
rekenaardenke
rekenaarterm
renoster
renostervel
resomasie
resomeer
resomering
RET
retro-akroniem
retrofuturisme
retrofuturisties
retrosensuur
retrosintese
RFID
R-getal
ribonukleïensuur
RICA
riel
riooljoernalistiek
riotermie
ripple
risikopremie
rissel
RNA
RNE
RNS
robopoëtika
robot
robotgrassyner
robotika
robotmop
robotstofsuier