Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
robotstofsuier s.nw. | robotstofsuiers | huisrobot, gewoonlik in die vorm van ’n skyf met ’n draaiende borsel, wat selfstandig oor vloere beweeg terwyl dit stof verwyder: › Die lieftallige robotstofsuier [...] Sedert 2015 het die duurste modelle van hierdie stofsuiers kaarte van hul eienaars se huise geskep om meer doeltreffend daardeur te navigeer terwyl hulle skoongemaak het (Netwerk24, 23 September 2017). › Net in die VSA is daar al miljoene huishoudings wat robotstofsuiers gebruik (Liesl Peyper, Rapport, 2 Januarie 2022). › Mense raak geheg aan hulle robotstofsuiers en gee selfs vir hulle name [...] Vir sommige gebruikers word robotstofsuiers deel van die gesin, hetsy as ’n familielid of ’n troeteldier, en mense ken selfs persoonlikhede en geslagte aan die robotte toe (Burgert A. Senekal, LitNet, 2 Junie 2022). ◌ SINONIEM(E): stofsuigrobot ◌ ENGELS: robot vacuum cleaner | robovac
KYK OOK: skilpadrobot
retro-akroniem
retrofuturisme
retrofuturisties
retrosensuur
retrosintese
RFID
R-getal
ribonukleïensuur
RICA
riel
riooljoernalistiek
riotermie
ripple
risikopremie
rissel
RNA
RNE
RNS
robopoëtika
robot
robotgrassyner
robotika
robotmop
robotstofsuier
robynsjokolade
roestuin
roeteerder
rof
rok
ROK
Rom
Roma 1
Roma 2
Romani
romanse
romantasie
Roma-tamatie
rommelkompakteerder
rona
rondgraai
roofwerf
rooi
rooiligterapie
rooilys
Rooimier
rook
rop