Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
rara avis woordgroep | rarae aves | [gewoonlik enkelvoud] (Latyn) ongewone persoon; rare mens: › Musk is ’n rara avis, onvoorspelbaar, onkonvensioneel (Herman Lategan, Vrye Weekblad, 29 September 2023). › Mevrou Smit is een van die heerlikste karakters wat ek in ’n lang tyd raakgelees het. Veelkantig, ontwykend, geheimsinnig, bedonnerd, stroomop [...] ’n Wafferse rara avis wat klappe vat en uitdeel om kop bo water te hou (Francois Bekker, Netwerk24, 20 Maart 2023). › As een van slegs ’n handjievol swart, vroulike wiskundeprofessore in die land is sy ’n soort rara avis, sonderling en dus ’n teiken vir kritiek – maar sy het geleer om haarseif daarvan te distansieer indien nodig (Willemien Brümmer, Netwerk24, 20 Februarie 2023).
◌ SINONIEM(E): (weinig gebruiklik) wit raaf
oorsprong:
Latyn: “seldsame voël”
que sera sera
queer
quesadilla
quiet quitting
quinoa
RA
raaitou
raap-aap
radar
radarskerm
radiofrekwensie-identifikasie
rafeltjievleis
rafelvark
rafelvleis
raka’at
raki
rakker
Ramaphantasie
Ramaphorie
rampokkerstaat
ramptoeris
randela
Rap
rara avis
RASA
rasgekwel
rasgelaai
rasieleier
Rasoel
Raspoetin
rassisme
rat
RDS
realiteit
recce
reduplikasie
reënboog-
reënboogarmband
reënboogdwang
reënboogspektrum
reënboogvlag
regrukstrategie
reisrusie
rekenaardenke
rekenaarterm
renoster
renostervel