Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
robotika s.nw. [geen meervoud] vertakking van die rekenaarwetenskap en ingenieurswese wat hom toespits op die ontwerp, bou, werking en gebruik van robotte: › Die kurrikulum moet dus aanpasbaar wees – dit moet vinniger aanpas. Ja, jy moet jou grondliggende leer regkry, die fokus op die grondslagfase is kritiek, maar ons moet byvoorbeeld ook vinniger [’n vak] soos robotika instel (Brian Schreuder, Netwerk24, 23 April 2021). › Die tuinbou- en landboutegnologiebedryf in Nieu-Seeland staan op die vooraand van ’n goue eeu van robotika en outomatisering [...] Robotte word reeds by sommige universiteite en groot kiwi-vrugkwekers gebruik [...] ’n Robot met sensors word in die veld ingestuur om data te versamel [...] Deur landboutegnologie is masjiene al vir jare in verskeie omgewings gebruik, maar die groot verandering nou is die intelligensie van hierdie masjiene en hul vermoë om meer gevorderde take te verrig (Landbouweekblad, 23 April 2021). › Al hoe meer van ons wend ons tot sosiale media vir interaksie, en kunsmatige intelligensie (KI) en robotika kan ons selfs minder menslik maak (Ismail Lagardien, Vrye Weekblad, 16 April 2021).
◌ ENGELS: robotics
resomering
RET
retro-akroniem
retrofuturisme
retrofuturisties
retrosensuur
retrosintese
RFID
R-getal
ribonukleïensuur
RICA
riel
riooljoernalistiek
riotermie
ripple
risikopremie
rissel
RNA
RNE
RNS
robopoëtika
robot
robotgrassyner
robotika
robotmop
robotstofsuier
robynsjokolade
roestuin
roeteerder
rof
rok
ROK
Rom
Roma 1
Roma 2
Romani
romanse
romantasie
Roma-tamatie
rommelkompakteerder
rona
rondgraai
roofwerf
rooi
rooiligterapie
rooilys
Rooimier