Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
Romani s.nw.
1 [geen meervoud] taal van die Roma, verwant aan Hindi.
2 › (die) Romani
Ook (onnadenkend met dubbele meervoud) (die) Romani’s
[versamelnaam] (die) Roma: › Dit is insiggewend dat die Nazi’s die Romani (in ou taal, Gypsies) as ’n ewe ongewensde “ras” as die Jode behandel het. Daar is nie presiese getalle nie, maar historici meen tot sowat 1,5 miljoen Romani is ook deur die Nazi’s uitgewis, wat meer as die helfte van dié etniese groep in Europa voor die oorlog was (Max du Preez, Vrye Weekblad, 3 Februarie 2023). › Die Romani is oraloor eintlik ’n soort onderklas sonder veel ekonomiese en politieke mag (Max du Preez, Vrye Weekblad, 3 Februarie 2023). › Die Romani’s – ’n nomadiese etniese groep – is ook deur die Duitsers geteiken, wat 25 000 na straf- en uitwissingskampe gedeporteer het (Netwerk24, 22 Julie 2022). → Roma1
3 | Romani, Romani’s |: › In 1941, tydens die Tweede Wêreldoorlog, het [Roemenië] homself by die Spilmoondhede geskaar en honderdduisende Jode en Romani’s (sigeuners) is uitgewis (Netwerk24, 22 Julie 2022). → Rom
riooljoernalistiek
riotermie
ripple
risikopremie
rissel
RNA
RNE
RNS
robopoëtika
robot
robotgrassyner
robotika
robotmop
robotstofsuier
robynsjokolade
roestuin
roeteerder
rof
rok
ROK
Rom
Roma 1
Roma 2
Romani
romanse
romantasie
Roma-tamatie
rommelkompakteerder
rona
rondgraai
roofwerf
rooi
rooiligterapie
rooilys
Rooimier
rook
rop
RPE
R-syfer
RTIA
RTMC
ruk
rumatikulant
rusbank-
rusbankfilosoof
rusbankuitgewer
rypmaan