Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
rekenaardenke s.nw. [versamelnaam] die oplossing van probleme, ontwerp en ontwikkeling van stelsels, en die begryp van menslike gedrag deur vanuit ’n persoonlike perspektief konsepte en metodes uit die informatika aan te wend: › Die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke is ’n nuwe entiteit by die Universiteit Stellenbosch, gevestig om ’n onkonvensionele, trans-fakulteit-benadering tot onderrig en leer in Datawetenskap en Rekenaardenke te fasiliteer (Universiteit van Stellenbosch, 2019).
◌ SINONIEM(E): berekeningsdenke
◌ ENGELS: computational thinking
By rekenaardenke word drie dimensies onderskei:
♦ die omgaan met konsepte wat in informatika gebruik word, byvoorbeeld algoritmes, gebeurtenisse, voorwaardelikhede, parallellisasie, die ontleding van data, ...
♦ ’n werkwyse tipies van werk met digitale tegnologie, byvoorbeeld iteratief werk (= gekenmerk deur herhaling); toets en regmaak; toets en verbeter; hergebruik; aanpas; heraanwend; ...
♦ die persoonlike perspektief van die onwerper van digitale tegnologie; sy/haar verhouding met ander en met die tegnologiese wêreld; kritiese denke; nadenke; ’n oog vir nuwe moontlikhede; en so meer.
ramptoeris
randela
Rap
rara avis
RASA
rasgekwel
rasgelaai
rasieleier
Rasoel
Raspoetin
rassisme
rat
RDS
realiteit
recce
reduplikasie
reënboog-
reënboogarmband
reënboogdwang
reënboogspektrum
reënboogvlag
regrukstrategie
reisrusie
rekenaardenke
rekenaarterm
renoster
renostervel
resomasie
resomeer
resomering
RET
retro-akroniem
retrofuturisme
retrofuturisties
retrosensuur
retrosintese
RFID
R-getal
ribonukleïensuur
RICA
riel
riooljoernalistiek
riotermie
ripple
risikopremie
rissel
RNA