Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
riooljoernalistiek s.nw. [geen meervoud] (neerhalend)
Ook geel pers
bedenklike joernalistiek gekenmerk deur skindernuus, ongegronde aansprake en halwe waarhede: › S. het die “haas om te publiseer voor die aanhoor en publikasie van ’n volledige reaksie” met die “riooljoernalistiek van die Nasionale Party-apartheidsregering” vergelyk (Willemien Brümmer, Netwerk24, 20 Desember 2018). › Ons hoop die berig dien as ’n vermaning aan alle mediapraktisyns oor die belangrikheid van die insameling van feite van alle relevante bronne as sleutelbeginsel. Dit sal alle media-instellings help om riooljoernalistiek te help vermy. (Gert Coetzee, Volksblad, 6 Februarie 2018).
◌ SINONIEM(E): die geelpers | die geel pers
◌ ENGELS: gutter journalism | yellow journalism | the yellow press
reënboogdwang
reënboogspektrum
reënboogvlag
regrukstrategie
reisrusie
rekenaardenke
rekenaarterm
renoster
renostervel
resomasie
resomeer
resomering
RET
retro-akroniem
retrofuturisme
retrofuturisties
retrosensuur
retrosintese
RFID
R-getal
ribonukleïensuur
RICA
riel
riooljoernalistiek
riotermie
ripple
risikopremie
rissel
RNA
RNE
RNS
robopoëtika
robot
robotgrassyner
robotika
robotmop
robotstofsuier
robynsjokolade
roestuin
roeteerder
rof
rok
ROK
Rom
Roma 1
Roma 2
Romani