Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

realiteit s.nw. | realiteite | [gewoonlik enkelvoud]

aangevulde realiteit [afkorting AR] Ook toegevoegde realiteit of uitgeboude realiteit
(rekenaar)
1
direkte of indirekte beeld van die werklikheid waaraan 'n rekenaar intyds elemente toevoeg: Tegnologie soos virtuele en aangevulde realiteit (VR of AR) wat ons in Hollywood-flieks [...] sien, is nog nie heeltemal met ons nie, maar ons beweeg al hoe nader (Werner Wippenaar, Netwerk 24, 18 Junie 2021). [Die] keldermeester […] gaan van nou af saam met jou aan tafel “sit” wanneer jy een van die wyne geniet en jou meer van die wyn vertel. Toegevoegde realiteit word gebruik om dit moontlik te maak en danksy die app kan jy hoor én sien hoe [hy] meer van die wyn vertel – kompleet asof hy by jou huis is (Suzaan Potgieter, Die Burger, 15 Mei 2019). Mense wend hulle tot die internet om inligting te kry. Toegevoegde realiteit is ’n manier om die bronne van inligting in te trek na die wêreld om jou (Herman Engelbrecht, Die Burger, 3 Maart 2011).

2
tegnologie wat gebruik word om die werklikheid aan te vul.
ENGELS: augmented reality | AR

KYK OOK: AR


virtuele realiteit [afkorting VR] Ook virtuele werklikheid
(rekenaar)
1
kunsmatige omgewing wat die draer van ’n VR-bril ervaar, soos wanneer sy of hy ’n videospeletjie speel of met behulp van ’n simulator opgelei word en op sensoriese stimuli, soos beelde en geluide wat die rekenaar verskaf, moet reageer: Tegnologie soos virtuele realiteit en aangevulde realiteit word reeds in baie aspekte van die lewe en in die sakewêreld opgeneem (Lientjie Mentz, Bloemnuus, 11 Augustus 2022).

2
tegnologie wat gebruik word om ’n virtuele realiteit te skep.
ENGELS: virtual reality | VR


KYK OOK: VR, VR-bril


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther