Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
rof b.nw., bw. | rowwe | rowwer | die rofste |
UITDRUKKING(S):
♦ rof en onbeskof wat nie vir konfrontasie of uitdagings terugdeins nie, dikwels met die bygedagte van onverfyndheid en/of hardhandigheid: › Ek dink nogal Glynnis is ’n held. Miskien is dit omdat sy so rof en onbeskof staan vir die waarheid, want dít is iets in dié land van ons (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 13 Maart 2020).
◌ ENGELS: rough and ill-mannered
retrosintese
RFID
R-getal
ribonukleïensuur
RICA
riel
riooljoernalistiek
riotermie
ripple
risikopremie
rissel
RNA
RNE
RNS
robopoëtika
robot
robotgrassyner
robotika
robotmop
robotstofsuier
robynsjokolade
roestuin
roeteerder
rof
rok
ROK
Rom
Roma 1
Roma 2
Romani
romanse
romantasie
Roma-tamatie
rommelkompakteerder
rona
rondgraai
roofwerf
rooi
rooiligterapie
rooilys
Rooimier
rook
rop
RPE
R-syfer
RTIA
RTMC