Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
riotermie s.nw. [geen meervoud] vorm van groen energie waarby die oorblywende hitte in rioolwater, byvoorbeeld warm afloopwater uit baddens en storte, wasmasjiene en skottelgoedwassers, gebruik word om geboue te verhit: › By riotermie word ’n hitteruiler in die rioolstelsel geplaas. Die afvalwater vloei oor die hitteruiler en gee hitte af, terwyk ’n vloeistof wat deur die hitteruiler vloei die hitte vervoer na ’n hittepomp, wat die temperatuur tot op die verlangde vlak bring. › Riotermie kan ook gebruik word om geboue te verkoel. Die hittepomp onttrek dan hitte uit ’n gebou en herlei dit na die rioolwater.
◌ ENGELS: water heat recycling | drain water heat recovery | waste water heat recovery | greywater heat recovery
reënboogspektrum
reënboogvlag
regrukstrategie
reisrusie
rekenaardenke
rekenaarterm
renoster
renostervel
resomasie
resomeer
resomering
RET
retro-akroniem
retrofuturisme
retrofuturisties
retrosensuur
retrosintese
RFID
R-getal
ribonukleïensuur
RICA
riel
riooljoernalistiek
riotermie
ripple
risikopremie
rissel
RNA
RNE
RNS
robopoëtika
robot
robotgrassyner
robotika
robotmop
robotstofsuier
robynsjokolade
roestuin
roeteerder
rof
rok
ROK
Rom
Roma 1
Roma 2
Romani
romanse