Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
robynsjokolade s.nw. [gewoonlik enkelvoud] (voedseltegnologie, kookkuns)
Ook robyn sjokolade.
soort sjokolade met ’n pienk kleur en bessiesmaak wat nie van toegevoegde kleur- of geurmiddels kom nie, maar van die gebruikte kakaobone self: › Robynsjokolade is nie pienk gekleur nie, dis die produk van ’n nuwe manier van sjokolade maak (Alet Wichmann, Rapport, 9 Februarie 2020). › Robynsjokolade is pienk van kleur, maar daar is geen kleurstowwe bygevoeg nie. Dit het ook ’n effense suur bessiesmaak, maar daar is geen geurmiddels bygevoeg nie (Alet Wichmann, Rapport, 9 Februarie 2020). › Dié robynsjokolade word van die robyn kakaoboon gemaak, vandaar die kleur. Die bone kom voor in Ecuador, Brasilië en die Ivoorkus (Cornelita Nell, Sarie, 6 September 2017).
◌ ENGELS: ruby chocolate
retrofuturisme
retrofuturisties
retrosensuur
retrosintese
RFID
R-getal
ribonukleïensuur
RICA
riel
riooljoernalistiek
riotermie
ripple
risikopremie
rissel
RNA
RNE
RNS
robopoëtika
robot
robotgrassyner
robotika
robotmop
robotstofsuier
robynsjokolade
roestuin
roeteerder
rof
rok
ROK
Rom
Roma 1
Roma 2
Romani
romanse
romantasie
Roma-tamatie
rommelkompakteerder
rona
rondgraai
roofwerf
rooi
rooiligterapie
rooilys
Rooimier
rook
rop
RPE