Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 29 Maart 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

robot s.nw. | robotte |
ENGELS: robot

Kan botjagters gifbotte in hul spore stuit?

Die kletsbot LaMDA (Language Model for Dialogue Applications) “has become sentient” – dit neem waar, voel, is “ongelooflik beslis oor wat dit wil hê”, maar “wil ons nie bangmaak nie”. Oor dié bewerings is ’n ingenieur van Google summier op verlof geplaas en later afgedank.

Bog, sê kenners van kunsmatige intelligensie (KI). LaMDA voeg uit massiewe databasisse van menslike taal maar net patrone bymekaar. Gespreksmodelle uiter soms “interessante” sinne, maar dit beteken niks. Rekenaarleertegnologie kan ’n mens ongelukkig nie teen pseudo-mistieke illusies beskerm nie. So sê die wetenskaplike-skrywer Gary Marcus.

Op Substack verwerp Marcus die voorstelling van ’n sensitiewe kletsbot as ’n moderne weergawe van pareidolie: ’n soort illusie waarby iemand iets waarneem en dan skielik iets daarin sien of hoor wat nie werklik bestaan nie. Antropomorfisering – vermensliking – van kletsbotte is verspot, sê hy. (Behalwe die Engelse sentient is aan die Latynse woord sentire, “om waar te neem”, nie verniet ook die woorde sentimenteel en sensasioneel ontleen nie.)

Maar aan werklike KI word daar wel gedink. ’n Toneelstuk deur die Tsjeggiese skrywer Karel Čapek word in 1921 in Praag opgevoer en in 1922 in Engels vertaal: R.U.R., met die (oorspronklik Engelse) subtitel: Rossum’s Universal Robots. Oor ’n fabriek wat kunsmatige werkers – roboti – skep. Later voer dié robotte ’n oorlog teen die mense en wis hulle uit. Die nuutskepping was ’n voorstel van die skrywer se broer. Hy het dit gebaseer op die Tsjeggiese woord robota, wat “gedwonge arbeid” beteken; ’n “sieldodende geswoeg”. Die Slawiese wortel, rabu, beteken “slaaf”.

In sy Historical Dictionary of Science Fiction (aanlyn by die skakel hier onder) dokumenteer Jesse Sheidlower die evolusie van dié, nou eeu oue woord: robot. In die 1940’s word dit in Amerika, saam met die afleidings roboties, robotika en robotikus, deur veral Isaac Asimov, ’n biochemikus en skrywer van wetenskapsfiksie, gepopulariseer. Ander skrywers volg hom na. Woorde met die aanvangskomponent robot- en (in Engels) robo- word geskep: robo(t)vliegtuig (1945), robo(t)rekenaar (1949), robo(t)polisieman (“robocop”) (in 1957 al). Vandag is diensrobotte (robotstofsuiers, robotmoppe, robotgrassnyers) in en om slimhuise al byna alledaags.

Die eerste optekening van die verkorte vorm bot dateer van 1969. Dit ontwikkel gou tot ’n produktiewe einddeel, soos in nanobot, ’n mikroskopiese selfaangedrewe masjien.

Van ongeveer 1990 af word outomatiese rekenaarprogramme ook botte genoem. Inligtings-, gesels- en kletsbotte word ontwerp word om gesprekke tussen mense te simuleer. Onlangs stel Elon Musk sy verkryging van Twitter uit; die sosialemediareus moet eers aandui: Hoeveel van sy gebruikers is botte?

Baie botte doen goeie werk: Hulle word opgestel om allerhande take te outomatiseer. Party plaas berigte. Sommige vat selfs aanlyn boelies vas. Maar botnette wat van zombierekenaars af werk, mislei, versprei waninligting en onwaarhede, meng in verkiesings in en stook selfs geweld.

Dalk is dit tyd vir ’n botoorlog: botopspoorders en botjagters teen die gifbotte.

Jana Luther
Woordewisseling: Beeld, Die Burger, Netwerk24, 17 Junie 2022 © Netwerk24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.  

 Historical Dictionary of Science Fiction  



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther