Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
Rooimier s.nw. | Rooimiere | [gewoonlik meervoud] (informeel) kontrakwerker in ’n rooi oorpak, deur ’n veiligheid-en-uitsettingsdiens gestuur om woonstrukture van grondbesetters te help verwyder: › Hy was baie beslis oor die geweld wat sou uitbreek indien die Rooimiere weer die shacks afbreek (Karl Kemp, Vrye Weekblad, 21 Junie 2019). › Twee mense is […] dood en drie ander beseer toe die Rooimiere onwettige grondbesetters in uitvoering van ʼn hofbevel probeer verwyder het (Tania Heyns, Maroela Media, 10 April 2019).
oorsprong:
Engels Red Ant Security and Eviction Services.
robotika
robotmop
robotstofsuier
robynsjokolade
roestuin
roeteerder
rof
rok
ROK
Rom
Roma 1
Roma 2
Romani
romanse
romantasie
Roma-tamatie
rommelkompakteerder
rona
rondgraai
roofwerf
rooi
rooiligterapie
rooilys
Rooimier
rook
rop
RPE
R-syfer
RTIA
RTMC
ruk
rumatikulant
rusbank-
rusbankfilosoof
rusbankuitgewer
rypmaan
rysgat
S&M
SA’ner
saadsekerheid
saamwoonskema
Sabela
SABMR
saboera
Sabric
Saffa
SAFPS