Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
rona s.nw. [verkorting van korona] [geen meervoud, ook met ’n hoofletter] (patologie, medies, informeel)
Ook die rona of die Rona
die besmetlike koronavirussiekte covid-19: › Baie van ons gaan nie finansieel in staat wees om ’n weelderige Kersfees te hê nie. Ons sal juis liefde wys deur mekaar in ag te neem en nie onnodig mense aan rona bloot te stel nie (Lorinda Schoonwinkel, Huisgenoot, 18 Desember 2020). › Dankie dat julle julle deel doen lat ôs amal kan saamstaan tien Rona (Olivia M. Coetzee, Vrye Weekblad, 27 Maart 2020). › Strande in KwaZulu-Natal sluit net op sekere dae; strande in Kaapstad net tussen 18:00 en 09:00 (wanneer die Rona slaap); en alle strande in die Tuinroete en Oos-Kaap sommer op elk van die 19 belangrikste dae van die hele bleddie jaar (Waldimar Pelser, Rapport, 20 Desember 2020). → korona, Antie Rona
RNA
RNE
RNS
robopoëtika
robot
robotgrassyner
robotika
robotmop
robotstofsuier
robynsjokolade
roestuin
roeteerder
rof
rok
ROK
Rom
Roma 1
Roma 2
Romani
romanse
romantasie
Roma-tamatie
rommelkompakteerder
rona
rondgraai
roofwerf
rooi
rooiligterapie
rooilys
Rooimier
rook
rop
RPE
R-syfer
RTIA
RTMC
ruk
rumatikulant
rusbank-
rusbankfilosoof
rusbankuitgewer
rypmaan
rysgat
S&M
SA’ner
saadsekerheid
saamwoonskema