Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
RET
♦ afk. radikale ekonomiese transformasie: › M. kan nie bekostig om om verskoning te vra nie. ’n Openbare apologie [...] sal vernietigend vir sy saak wees. As hy dit doen, sal hy die ondersteuning van sy bittereinder-lojaliste verloor – die geharde ondersteuners van radikale ekonomiese transformasie (RET) (Vrye Weekblad, 14 Mei 2021). › Ingeligtes in die faksie vir radikale ekonomiese transformasie (RET) ... sê ’n grootskaalse “sluiting” van die land word beplan totdat die president en sy “kabaal” hul poste ontruim het (Marietjie Gericke, Netwerk24, 10 Mei 2021).
◌ ENGELS: radical economic transformation | RET
♦ s.nw. | RET’s | voorstander van radikale ekonomiese transformasie: › Die Grondwet was ’n gatkruipery by wittes; nasionaliseer die banke, myne en ander “commanding heights of the economy”; vat wittes se grond af en ondermyn die regbank en die oppergesag van die reg. Ons hoor gereeld dié populistiese uitsprake van RET-leiers [...] En met elkeen van dié kwessies sing die EFF uitbundig saam in die koor met die RET’s (Max du Preez, Vrye Weekblad, 14 Januarie 2022).
samestelling(s):
RET-faksie
RET-instrument
RET-kandidaat
RET-leier
RET-ondersteuner
rasieleier
Rasoel
Raspoetin
rassisme
rat
RDS
realiteit
recce
reduplikasie
reënboog-
reënboogarmband
reënboogdwang
reënboogspektrum
reënboogvlag
regrukstrategie
reisrusie
rekenaardenke
rekenaarterm
renoster
renostervel
resomasie
resomeer
resomering
RET
retro-akroniem
retrofuturisme
retrofuturisties
retrosensuur
retrosintese
RFID
R-getal
ribonukleïensuur
RICA
riel
riooljoernalistiek
riotermie
ripple
risikopremie
rissel
RNA
RNE
RNS
robopoëtika
robot
robotgrassyner
robotika
robotmop