Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
quinoa [uitspraak: kie-noe-wa; kien-wa] s.nw. [geen meervoud] (uit Quechua, botanie, kookkuns) Ook (weinig gebruiklik) kinoa of kinua
geharde eenjarige blomplant (Chenopodium quinoa) van die familie Amaranthaceae, die amarantfamilie, wat inheems in Suid-Amerika is en vir sy eetbare, vesel- en proteïenryke saadjies verbou word: › Stel jou voor jy eet ’n porsie laevetproteïen op ’n bed van quinoa of borriegegeurde jasmyn- of basmatirys, tesame met jou geliefkoosde krakerige groen groente en ’n vars slaai met neute en kaas (Vrye Weekblad, 17 Januarie 2020). › Suid-Amerikaanse boere kan nie voorbly met die verbouing van quinoa om in die groeiende internasionale vraag te voorsien nie (Marleen Smith, Landbouweekblad, 17 Desember 2018). › Quinoa, ’n saadgewas uit Suid-Amerika, is algemeen in ons supermarkte beskikbaar (Son, 28 Augustus 2016, 12). › Staan opsy koeskoes, quinoa neem nou oor. Quinoa kom oorspronklik van Suid-Amerika en dit is glutenvry (Die Burger: Naweek, 12 September 2015, 7).
◌ SINONIEM(E): “goue graan” van die Andes
◌ ENGELS: quinoa
samestelling(s):
quinoa-slaai
prompt
prompteur
promptingenieur
prompto
promptografie
pronatalis
pronatalisme
pronatalisties
pronkplakker
pruttelpraatjies
psigogeriater
psigogeriatrie
psigolinguistiek
psilosibiensampioen
punt-in-die-wind-
pwasa
p-woord
QCTO
QR
que sera sera
queer
quesadilla
quiet quitting
quinoa
RA
raaitou
raap-aap
radar
radarskerm
radiofrekwensie-identifikasie
rafeltjievleis
rafelvark
rafelvleis
raka’at
raki
rakker
Ramaphantasie
Ramaphorie
rampokkerstaat
ramptoeris
randela
Rap
rara avis
RASA
rasgekwel
rasgelaai
rasieleier