Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
retrofuturisme s.nw. [geen meervoud] kunsstroming of -beweging wat die invloed toon van beelde en voorstellings van die toekoms wat in ’n vroeëre era geskep is: › Dis waaroor retro-futurisme gaan – om vanuit die posisie van die verbeelde toekoms terug te kyk na hoe daardie toekoms in die verre verlede beskou is. Soms is mens geskok oor hoe akkuraat van die voorspellings blyk te wees, maar meestal is ’n mens nogal geamuseerd deur hoe die toekoms vanuit ’n ander verlede gelyk het. Of dalk moet mens sê hoe anders die hede vanuit die verlede gelyk het (Andries Bezuidenhout, Vrye Weekblad, 17 September 2021). › Volgens The Oxford Handbook of Science Fiction staan steampunk ook bekend as retrofuturisme [...]: “Die term word gewoonlik vir ’n reeks popkultuur-efemera uit die begin tot middel van die 20ste eeu gebruik, van robotspeelgoed tot haaivinskeertuie, pulptydskrifvoorblaaie tot argitekturele utopias” (Finweek, 9 Julie 2015). ◌ SINONIEM(E): steampunk ◌ ENGELS: retrofuturism
KYK OOK: steampunk
Rasoel
rassisme
rat
RDS
realiteit
recce
reduplikasie
reënboog-
reënboogarmband
reënboogdwang
reënboogspektrum
reënboogvlag
regrukstrategie
reisrusie
rekenaardenke
rekenaarterm
renoster
renostervel
resomasie
resomeer
resomering
RET
retro-akroniem
retrofuturisme
retrofuturisties
retrosensuur
retrosintese
RFID
R-getal
ribonukleïensuur
RICA
riel
riooljoernalistiek
riotermie
ripple
risikopremie
rissel
RNA
RNE
RNS
robopoëtika
robot
robotgrassyner
robotika
robotmop
robotstofsuier
robynsjokolade