Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
rekenaardenke s.nw. [versamelnaam] die oplossing van probleme, ontwerp en ontwikkeling van stelsels, en die begryp van menslike gedrag deur vanuit ’n persoonlike perspektief konsepte en metodes uit die informatika aan te wend: › Die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke is ’n nuwe entiteit by die Universiteit Stellenbosch, gevestig om ’n onkonvensionele, trans-fakulteit-benadering tot onderrig en leer in Datawetenskap en Rekenaardenke te fasiliteer (Universiteit van Stellenbosch, 2019). ◌ SINONIEM(E): berekeningsdenke ◌ ENGELS: computational thinking
By rekenaardenke word drie dimensies onderskei:
♦ die omgaan met konsepte wat in informatika gebruik word, byvoorbeeld algoritmes, gebeurtenisse, voorwaardelikhede, parallellisasie, die ontleding van data, ...
♦ ’n werkwyse tipies van werk met digitale tegnologie, byvoorbeeld iteratief werk (= gekenmerk deur herhaling); toets en regmaak; toets en verbeter; hergebruik; aanpas; heraanwend; ...
♦ die persoonlike perspektief van die onwerper van digitale tegnologie; sy/haar verhouding met ander en met die tegnologiese wêreld; kritiese denke; nadenke; ’n oog vir nuwe moontlikhede; en so meer.
rampokkerstaat
ramptoeris
randela
Rap
rara avis
RASA
rasgekwel
rasgelaai
rasieleier
Rasoel
rassisme
rat
RDS
realiteit
recce
reduplikasie
reënboog-
reënboogarmband
reënboogdwang
reënboogspektrum
reënboogvlag
regrukstrategie
reisrusie
rekenaardenke
rekenaarterm
renoster
renostervel
resomasie
resomeer
resomering
RET
retro-akroniem
retrofuturisme
retrofuturisties
retrosensuur
retrosintese
RFID
R-getal
ribonukleïensuur
RICA
riel
riooljoernalistiek
riotermie
ripple
risikopremie
rissel
RNA