Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
QR afk. [Engelse verkorting van quick response]
› QR-kode | QR-kodes | soort tweedimensionele strepieskode wat bestaan uit swart blokkies van verskillende groottes op ’n wit agtergrond, soos afgedruk op papier of gegenereer op ’n skerm, van waar ’n skandeerder of slimfoon dit vinnig kan lees en dekodeer: › By enige deur of hek tot enige gebou en by ’n hele paar ad hoc-beheerpunte wat oornag opspring rondom woonbuurte, moes almal weer ’n QR-kode (soms twee) skandeer met hul fone en hul temperatuur laat neem met ’n meetgeweertjie (Etienne Fourie, Rapport, 6 Februarie 2022). › Skandeer die QR-kode vir ’n aanlyn toer van die eiendom (Netwerk24, 4 Februarie 2022). › Al hoe meer mense het oorgeskakel na digitale betaalmetodes – hetsy tik-en-betaal, e-beursies of deur QR-kodes te skandeer (Liesl Peyper, 19 Desember 2021).
probiotika
probiotikum
proksemika
promessie
promp
prompt
prompteur
promptingenieur
prompto
promptografie
pronatalis
pronatalisme
pronatalisties
pronkplakker
pruttelpraatjies
psigogeriater
psigogeriatrie
psigolinguistiek
psilosibiensampioen
punt-in-die-wind-
pwasa
p-woord
QCTO
QR
que sera sera
queer
quesadilla
quiet quitting
quinoa
RA
raaitou
raap-aap
radar
radarskerm
radiofrekwensie-identifikasie
rafeltjievleis
rafelvark
rafelvleis
raka’at
raki
rakker
Ramaphantasie
Ramaphorie
rampokkerstaat
ramptoeris
randela
Rap