Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 29 Maart 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

radar s.nw. [geen meervoud]

UITDRUKKING(S):
op die radar verskyn of op iemand se radar(skerm) beland/verskyn onder die (of onder iemand se) aandag kom: Om die waarheid te sê het ek nie veel meer oor Oscar geweet as wat outomaties op my radar beland het nie – sy wêreldwye beroemdheid en verstommende atletiekprestasies (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 5 Januarie 2024). Mens kry die gewaarwording toe Covid soos ’n donderstorm vervaag, begin gevalle en verliese van kanker al hoe meer op die radar verskyn (Gielie van Wyk, Weslander, 19 Desember 2022). Die volgende uitdaging wat op James se radar verskyn, is die Suid-Afrikaanse liggaamsboukampioenskap aan die einde van Oktober (Heleen Rossouw, Paarl Post, 29 Oktober 2021). As toekomstige geslagte na die “goeie ou dae” soek, gaan die tydperk sedert 1994 versluier word of gaan dit vorentoe so sleg gaan dat hierdie tydperk juis as “die goeie ou dae” op die radarskerm van die geheue sal verskyn? (Pedro Rankin, Volksblad, 3 Februarie 2023).
ENGELS: appear on the (or on someone’s) radar (screen)


van die radar (af) verdwyn of van iemand se radar(skerm) (af) verdwyn uit die aandag verdwyn, vergeet word of wegraak: Volgens S. is dit duidelik dat Suid-Afrika van die radar verdwyn het in Washington. Zambië en Kenia is die onderwerp waaroor daar gepraat word. Niemand praat meer oor Mandela se Reënboognasie nie (Dawie Boonzaaier, Rapport, 7 Mei 2023). Nadat sy R700 000 belê; het, het L. van die radar verdwyn en het hulle hom nooit weer gesien nie. Hul dogter verkoop nou melktertjies om haar ouers te help aan die lewe hou (Rapport, 30 Oktober 2022).
ENGELS: disappear from the (or from someone’s) radar (screen)



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther