Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
riooljoernalistiek s.nw. [geen meervoud] (neerhalend) ◌ Ook geel pers ◌ bedenklike joernalistiek gekenmerk deur skindernuus, ongegronde aansprake en halwe waarhede: › S. het die “haas om te publiseer voor die aanhoor en publikasie van ’n volledige reaksie” met die “riooljoernalistiek van die Nasionale Party-apartheidsregering” vergelyk (Willemien Brümmer, Netwerk24, 20 Desember 2018). › Ons hoop die berig dien as ’n vermaning aan alle mediapraktisyns oor die belangrikheid van die insameling van feite van alle relevante bronne as sleutelbeginsel. Dit sal alle media-instellings help om riooljoernalistiek te help vermy. (Gert Coetzee, Volksblad, 6 Februarie 2018). ◌ SINONIEM(E): die geelpers | die geel pers ◌ ENGELS: gutter journalism | yellow journalism | the yellow press
reënboogdwang
reënboogspektrum
reënboogvlag
regrukstrategie
reisrusie
rekenaardenke
rekenaarterm
renoster
renostervel
resomasie
resomeer
resomering
RET
retro-akroniem
retrofuturisme
retrofuturisties
retrosensuur
retrosintese
RFID
R-getal
ribonukleïensuur
RICA
riel
riooljoernalistiek
riotermie
ripple
risikopremie
rissel
RNA
RNE
RNS
robopoëtika
robot
robotgrassyner
robotika
robotmop
robotstofsuier
robynsjokolade
roestuin
roeteerder
rof
rok
ROK
Rom
Roma 1
Roma 2
Romani