Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
que sera, sera woordgroep (Spaans) Ook qué será será
wat sal wees, sal wees; wat moet gebeur, sal gebeur: › Soos ek Hans geken het, sou hy die laaste een gewees het wat sou voorgegee het Klein wonderwerk is hoge literatuur [...], maar nou ja, que sera, sera (Kerneels Breytenbach as Crito, LitNet, 28 Maart 2025). › “Daar’s ’n doel met alles.” Dalk sê mense dit vir mekaar omdat hulle daardie ou liedjie glo: “Que sera, sera, whatever will be, will be.” Of dalk gebeur dit omdat hulle Hollywood blindelings agterna praat (Stephan Joubert, Netwerk24, 22 Junie 2022). › Ons sal maar moet sien, soos die Franse sê: que sera sera (Marita van der Vyver, Sarie, 3 Mei 2021 ). › Que sera sera – wat sal wees, sal wees: Altyd ’n goeie leuse om in gedagte te hou. Haal diep asem en probeer om nie te veel oor jou baba en sy toekomste te stres nie. Wees net daar om hom elke dag jou liefde en ondersteuning te bied; die lewe sal self sy gang gaan (Baba & Kleuter, 11 Junie 2012).
probiotikum
proksemika
promessie
promp
prompt
prompteur
promptingenieur
prompto
promptografie
pronatalis
pronatalisme
pronatalisties
pronkplakker
pruttelpraatjies
psigogeriater
psigogeriatrie
psigolinguistiek
psilosibiensampioen
punt-in-die-wind-
pwasa
p-woord
QCTO
QR
que sera sera
queer
quesadilla
quiet quitting
quinoa
RA
raaitou
raap-aap
radar
radarskerm
radiofrekwensie-identifikasie
rafeltjievleis
rafelvark
rafelvleis
raka’at
raki
rakker
Ramaphantasie
Ramaphorie
rampokkerstaat
ramptoeris
randela
Rap
rara avis