Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
radar s.nw. [geen meervoud]
UITDRUKKING(S):
♦ op die radar verskyn of op iemand se radar(skerm) beland/verskyn onder die (of onder iemand se) aandag kom: › Om die waarheid te sê het ek nie veel meer oor Oscar geweet as wat outomaties op my radar beland het nie – sy wêreldwye beroemdheid en verstommende atletiekprestasies (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 5 Januarie 2024). › Mens kry die gewaarwording toe Covid soos ’n donderstorm vervaag, begin gevalle en verliese van kanker al hoe meer op die radar verskyn (Gielie van Wyk, Weslander, 19 Desember 2022). › Die volgende uitdaging wat op James se radar verskyn, is die Suid-Afrikaanse liggaamsboukampioenskap aan die einde van Oktober (Heleen Rossouw, Paarl Post, 29 Oktober 2021). › As toekomstige geslagte na die “goeie ou dae” soek, gaan die tydperk sedert 1994 versluier word of gaan dit vorentoe so sleg gaan dat hierdie tydperk juis as “die goeie ou dae” op die radarskerm van die geheue sal verskyn? (Pedro Rankin, Volksblad, 3 Februarie 2023). ◌ ENGELS: appear on the (or on someone’s) radar (screen)
♦ van die radar (af) verdwyn of van iemand se radar(skerm) (af) verdwyn uit die aandag verdwyn, vergeet word of wegraak: › Volgens S. is dit duidelik dat Suid-Afrika van die radar verdwyn het in Washington. Zambië en Kenia is die onderwerp waaroor daar gepraat word. Niemand praat meer oor Mandela se Reënboognasie nie (Dawie Boonzaaier, Rapport, 7 Mei 2023). › Nadat sy R700 000 belê; het, het L. van die radar verdwyn en het hulle hom nooit weer gesien nie. Hul dogter verkoop nou melktertjies om haar ouers te help aan die lewe hou (Rapport, 30 Oktober 2022). ◌ ENGELS: disappear from the (or from someone’s) radar (screen)
proksemika
promessie
pronatalis
pronatalisme
pronatalisties
pronkplakker
pruttelpraatjies
psigogeriater
psigogeriatrie
psigolinguistiek
psilosibiensampioen
punt-in-die-wind-
pwasa
p-woord
QCTO
QR
queer
quesadilla
quiet quitting
quinoa
RA
raaitou
raap-aap
radar
radarskerm
radiofrekwensie-identifikasie
rafeltjievleis
rafelvark
rafelvleis
raka’at
raki
rakker
Ramaphantasie
Ramaphorie
rampokkerstaat
ramptoeris
randela
Rap
rara avis
RASA
rasgekwel
rasgelaai
rasieleier
Rasoel
rassisme
rat
RDS