Bygewerk op 23 September 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

woer-woer
s.nw. | woer-woers | speelding wat bestaan uit ’n ronde skyf met gaatjies, soos ’n knoop, wat ’n mens, deur toutjies aan weerskante te trek, vinnig, met ’n woergeluid, heen en weer in die rondte kan laat spin: So af en toe het ek een van die knope wat so groot soos daardie jare se halfkroon was, gegaps en vir my ’n woer-woer gemaak waarmee ek skelmpies gespeel het (Nolan Venter, Netwerk24, 28 Junie 2019). Maak hulle nog sulke jasse met groot, plat knope met vier gate waarvan ’n lekker woer-woer gemaak kon word? (Johan van Wyk, Netwerk24, 15 Junie 2019).
UITDRUKKING(S):
woer-woer speel met … onopreg te werk gaan met …; … aan jou nukke en grille onderwerp: Só word daar woer-woer gespeel, met die eisers wat aan die kortste ent trek (Erika Gibson, Vrye Weekblad, 28 Junie 2018).

ww. | het gewoer-woer | vinnig (veral in ’n sirkel) beweeg op ’n manier wat aan die draai van ’n woer-woer om sy toutjie laat dink: Skielik woer-woer ’n groot uil laag oor hul koppe. (Etienne van Heerden, “Dol hond”). Die waaier flap oop en woer-woer soos ’n meganiese by al om die Garbo-gesig (Helene de Kock, Wynland-omnibus).
(ook figuurlik): Hy het gewoer-woer tussen wettig en onwettig (Leon van Nierop, RSG, 1 September 2017).


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther