Bygewerk op 2 Maart 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 449

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

quiet quitting s.nw. [geen meervoud] (Engels) ingesteldheid van – om met die minste moeite – net die heel basiese verantwoordelikhede van jou werk na te kom, uit protes, of om tussen werksverpligtinge en die res van jou lewe ’n beter balans te bewerkstellig: ’n Gallup-opname [...] gebruik die term om die groot skuif in die Amerikaanse arbeidsmark te belig: “Gallup se definisie van die konsep ‘quiet quitting’ is mense wat nie werklik betrokke is by hul werk nie – hulle doen slegs die basiese wat van hulle verwag word en is psigologies afgestomp van hul werk. Dit beskryf omtrent die helfte van Amerika se werkmag ... Hierdie tendens versprei tans teen die spoed van lig op sosiale media as die idee dat miljoene mense nie meer ekstra moeite met hul werk doen nie en slegs hul basiese werksverpligtinge nakom (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 4 November 2022). Qaanitah Hunter, politieke redakteur van News24, wonder in ’n onlangse rubriek of Ramaphosa nie besig is met “quiet quitting” nie; hy bedank nie uitdruklik nie, maar loop geen ekstra myl om te doen wat nodig is nie (Barnard Beukman, Beeld, 29 Oktober 2022). Ná Covid het die hele beweging rondom “quiet quitting” (stil-stil onttrek) en tydmiljoenêrs begin (Hanlie Retief, Rapport, 2 Oktober 2022). Meer onlangs hoor ek van “quiet quitting” in verhoudings by ’n millenniër-vriend. Hy noem dit die “stille hendsopper-move wanneer opbreek te veel moeite is en dit anyway almal net ongemaklik gaan laat voel” [...]  net soos in ’n werksopset verwys dit hiér na wanneer iemand net stadig maar seker ophou moeite doen en mettertyd in so ’n mate emosioneel onttrek dat die verhouding doodbloei (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 4 November 2022).SINONIEM(E): stille onttrekking | suutjiese lyfwegstekery

Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther