Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
pols ww. | het gepols | (uit Engels, kookkuns) met kort tussenposes in ’n voedselverwerker meng/klop/versap: › Plaas die mieliepitte en heuning in ’n voedselverwerker en pols ’n paar keer tot goed gemeng (Errieda du Toit, Facebook, Julie 2019). › Voeg die sjokolade-en-roommengsel by die avokadomengsel saam met die kakao en pols weer tot glad (Arina du Plessis, Landbouweekblad, 5 Julie 2019). › Pols die aarbeie, grenadella, swartpeper en suurlemoensap tot ’n pulp en geur dit na smaak met sout en peper (Aletta Lintvelt, Weg, 31 Mei 2019). ◌ SINONIEM(E): pulseer ◌ ENGELS: pulse
poering
poer-poer
poespas
poetoepap
poewasa
POF
pofbaadjie
poffer
poke
polarisasieretoriek
poliamoreus
poliamorie
poliamoris
polifaag
poli-gemeenskap
polikule
polikuul
polimerase
polimerasekettingreaksie
pollo-pesketariër
pollo-pesketarisme
pollotariër
pollotarisme
pols
pols-oksimeter
pols-oksimetrie
pomodoro-tegniek
pompstasie
poniebladvoer
Ponzi
Ponzi-skema
Popi
popstront
porno-ster
posbestelbruid
posbruid
post-covid-sindroom
postie
pot 1
pot 2
potlood
potplakker
PPE
PPI
pragmatariër
Prasa
predikant