Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
poer-poer ww. | het gepoer-poer |
1 sonder veel moeite of sukses voortgaan: › Moenie poer-poer nie. Maak klaar! › Dit is jammer dat die spanninglose draaiboek grotendeels poer-poer en daarom in die hek duik (Christiaan Boonzaier, Netwerk24, 27 Desember 2019).
2 stadig en/of sukkelend ry: › Die motortjie poer-poer oor die berg.
UITDRUKKING(S):
♦ poer-poer agter die vragmotors op 'n oop stuk pad uit onkunde of luiheid nie veel moeite doen om vooruitgang te maak nie: › Heino du Plessis, Facebook, 3 Mei 2020
plastiekeiland
plastieksop
platinum
platkos
pleknaam
plekspeld
pleonasme
plettervat
pliebaadjie
pliggie
plofkop
plofwoord
plukbrood
plustens
podiumpoësie
podsending
poefsakkie
poeierhol
poenang
poenankies
poeplorrie
poepsakkie
poering
poer-poer
poespas
poetoepap
poewasa
POF
pofbaadjie
poffer
poke
polarisasieretoriek
poliamoreus
poliamorie
poliamoris
polifaag
poli-gemeenskap
polikule
polikuul
polimerase
polimerasekettingreaksie
pollo-pesketariër
pollo-pesketarisme
pollotariër
pollotarisme
pols
pols-oksimeter