Bygewerk op 4 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

tiep (uit Engels, informeel)
ww. | het getiep |
1
(laat) kantel of omkantel: Vou die heel agterste twee sitplekke plat en daar’s ’n enorme bagasiebak. Tiep die middelste ry ook vorentoe en ’n branderplank of bergfiets pas in (Justus Visagie, Vrye Weekblad, 28 Januarie 2022). Hierdie bekostigbare droësak is gemaak van duursame PVC en hy sal dryf indien ’n fratsgolf jou bagasie in die see tiep (Weg, September 2017).ENGELS: tip

2
slaap: Ek het nie die kinders verskreeu of met die meubels baklei nie, maar daar was die stryery heeltyd (met my vrou). Ek sou dan gaan tiep, opstaan en die lewe sou aangaan (Kuier, 3 Junie 2015).

s.nw. [gewoonlik enkelvoud] stortingsterrein: Ek het amper elke dag vuil boots en ’n overall aan en soms wil mense my nie groet nie. ’n Ou vriendin het my eendag gevra “werk jy op die tiep?” (Kuier, 23 Augustus 2015).


  Afrikaans is ’n ding wat spring (Vrye Weekblad) | Oral op drade sit kraaie, ook in oondstede (Netwerk24)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nie aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n eie inisiatief van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther