Bygewerk op 4 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

thuma mina woordgroep [Zulu: stuur my] [dikwels met hoofletters] slagspreuk gebruik deur Cyril Ramaphosa, president van Suid-Afrika (2018–), om Suid-Afrikaners aan te moedig om probleme in die land te help oplos: 'n Nuwe daeraad, vernuwing, huisskoonmaak en ekonomiese groei was Ramaphosa se beloftes en thuma mina sy oproep (Max du Preez, Vrye Weekblad, 30 Mei 2019). Selfs nou, val hulle in by Thuma Mina, en vra om gestuur te word (Gustav Claassen, Rapport, 6 April 2019). Die SAID doen weer ’n beroep op mense wat inkomstebelasting, belasting op toegevoegde waarde, aksyns of enige ander geld verskuldig is, om dit teen 29 Maart te betaal “in die gees van Thuma Mina” (Hanlie Stadler, Netwerk24, 24 Maart 2019).ENGELS: thuma mina
oorsprong:
Na ’n gewilde lied van die jazzmusikant Hugh Masikela, ’n variasie op ’n bekende Zulupsalm.


  Afrikaans is ’n ding wat spring (Vrye Weekblad) | Oral op drade sit kraaie, ook in oondstede (Netwerk24)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nie aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n eie inisiatief van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther