Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
plantgebaseer b.nw. | plantgebaseerde | (uit Engels) › plantaardig: van plantaardige oorsprong; met ’n plantaardige basis: › My dieet is plantgebaseer, my spens is gevul met herwonne glasbottels, plastiek is verbode, ek koop slegs veganistiese, eties verkrygde en omgewingsvriendelik verpakte goedere. Ek maak bewuste keuses en koop slegs wat ek nodig het en voor lief is (Rapport, 17 Januarie 2021). › In Suid-Afrika is daar reeds ’n aanvraag onder meer etiese verbruikers vir meer plantgebaseerde alternatiewe tot vleis (Netwerk24, 6 Maart 2021). › In 1971 publiseer Francis Moore haar wegholverkoper, Diet for a Small Planet, waarin sy ’n saak uitmaak vir die minder afbrekende produksie van plantgebaseerde voedsel (Frederik de Jager, Vrye Weekblad, 28 Augustus 2020).
◌ ENGELS: plantbased
plantgebaseerde produkte produkte met ’n plantaardige basis.: › Jong mense in Afrika is gretig om plantgebaseerde proteïenprodukte te beproef en dit beteken daar is ook ’n geleentheid in laerinkomstelande vir alternatiewe proteïene (Fredalette Uys, Landbou.com, 8 Augustus 2022).
plantgebaseerde vesel plantaardige vesel.
pienkvoet
piepie
pikkel
pikkelbal
pikosatelliet
PIMS
PIMS-TS
piñata
piñatakoek
Pinyinsisteem
pirocumulonimbus
pirocumulus
pirokonveksie
pis
pissie
pitaja
pizzapastei
PK
PKR
plafon
plak
plakker
-plakker
plantgebaseer
plantproteïen
plastiekboekanier
plastiekeiland
plastieksop
platinum
platkos
pleknaam
plekspeld
pleonasme
plettervat
pliebaadjie
pliggie
plofkop
plofwoord
plukbrood
plustens
podiumpoësie
podsending
poefsakkie
poeierhol
poenang
poenankies
poeplorrie