Bygewerk op 14 Januarie 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

umqombothi s.nw. [geen meervoud] (Zoeloe, Xhosa) tradisionele bier gebrou van mielies/sorghum, gis en water: Die gisgeur van emmers vol umqombothi meng met ander prominente aromas: vuurrook, sweet, bees- en bokmis, en modder (Chris du Plessis, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019). Synde van meet af die praktiese kortpad na sosiale, alkoholiese drinkgoed, word dié ``nasionale'' drankies gemaak van watter plant voor die hand op die land staan: Mexiko se tequila van die algave-garingboom, Rusland en Pole se wodka van graan of aartappels, Brasilië se cachaça van suikerriet en selfs ons eie umqombothi van mielies (Die Burger, 29 Januarie 2000). Hy gaan die blik umqombothi – tradisionele bier – omstuur, en ons moet kyk of ons kan klaarmaak (Die Burger, 5 Desember 2006). T. is skuldig bevind nadat hy te veel bottie gevat en toe agter die stuurwiel ingeklim het. Dit was nadat hy beweer het hy het eintlik maar net ’n paar slukkies umqombothi, oftewel tradisionele Afrikabier, gevat (Die Burger, 20 April 2017 ).SINONIEM(E): mieliebier | sorghumbierENGELS: umqomboti
samestellings:
umqombothikalbas
umqombothipot


 Nuut: Taal grondslag van kinders se grondslagfase (rubriek) | Woorde van 2021 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther