Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
PIMS-TS afk. [afkorting van pediatriese inflammatoriese multisisteemsindroom] seldsame sistemiese afwyking by kinders gekenmerk deur aanhoudende koors en ernstige ontsteking ná blootstelling aan EARS-CoV-2, die virus wat verantwoordelik is vir COVID-19: › PIMS-TS, ’n nuwe kindersiekte wat erge koors, ontsteking en hartkomplikasies veroorsaak, is nou een van die aanmeldbare mediese toestande in Suid-Afrika (Netwerk24, 16 September 2020). › PIMS-TS is gediagnoseer by kinders wat almal positief getoets is vir EARS-CoV-2 of vir EARS-CoV-2-teenliggaampies. Die nuwe siekte se simptome stem ooreen met dié van Kawasaki-sindroom in kinders onder vyf jaar (Jana Marx, Netwerk24, 15 Mei 2020).
◌ SINONIEM(E): multisistemiese inflammatoriese sindroom in kinders
◌ ENGELS: paediatric multisystem inflammatory syndrome | PIMS-TS | multisystem inflammatory syndrome in children | MIS-C
KYK OOK: PIMS
pers
persentasiepunt
persoon
persoonlikheid
pesketariër
pesketarisme
pestemal
phishing
phola
picklebal
pieksel
piemp
pieng
pienggereg
pienk
pienke
pienkoog
pienkvoet
piepie
pikkel
pikkelbal
pikosatelliet
PIMS
PIMS-TS
piñata
piñatakoek
Pinyinsisteem
pirocumulonimbus
pirocumulus
pirokonveksie
pis
pissie
pitaja
pizzapastei
PK
PKR
plafon
plak
plakker
-plakker
plantgebaseer
plantproteïen
plastiekboekanier
plastiekeiland
plastieksop
platinum
platkos