Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
pepino s.nw. | pepino’s |
1 Ook pepinoplant | pepinoplante |
meerjarige plant, Solanum muricatum, van die familie Solanaceae, wat ronde of ovaalvormige bessies dra met ’n geel-groenerige skil met rooibruin kolle of strepe en ’n liggeel, sagte, sappige soet vleis waarvan die smaak aan dié van peer of spanspek herinner: › Die vrugte is heerlik en ons benut dit ook, dit heet die pepino (Solanum muricatum) en kom van die Andes-streek in Suid-Amerika. Dit is ’n lekker nuttige, vinnig groeiende plant wat nie skaam is om te dra nie. Hulle behoort tot die tamatie-familie (Solanaceae) (Ernst van Jaarsveld, Netwerk24, 24 September 2021).
2 vrug van ’n pepinoplant: › pitlose pepino’s › saaddraende pepino’s
◌ ENGELS: pepino
papie
papier
papierblom
papierbrigade
papmasjien
parafilie
pareidolie
parrabeen
parrabeentjie
partjies
partner
partytjie
pasiënt
pasmaat-app
pata-pata
patatvatter
p-boek
PBT
PCS
pedi
pediatries
penniepolonie
pepa
pepino
perd
perigeummaan
perioperatief
permakrisis
pers
persentasiepunt
persoon
persoonlikheid
pesketariër
pesketarisme
pestemal
peuterbord
phishing
phola
picklebal
pieksel
piemp
pieng
pienggereg
pienk
pienke
pienkoog
pienkvoet