Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
pienk (figuurlik, informeel)
♦ s.nw. [geen meervoud]
1 skakering tussen wit en rooi.
2 kleur geassosieer met dogtertjies en vroue.
3 kleur geassosieer met die LGBTQIA-gemeenskap.
♦ b.nw. [attr. en pred.]
1 met ’n skakering tussen wit en rooi.
2 van of wat verband hou met mense wat tot die LGBTQIA-gemeenskap behoort: › Dit is gay-wêreld dié en dié voorstad se pienk geld hou baie restaurante en besighede aan die gang. Selfs die Gay Pride word jaarliks hier aangebied en dan word die pienk note in al wat ’n restaurant en kuierplek ingedruk (Yolanda Barnard, Centurion Rekord, 16 Mei 2015). › “Soos daardie keer toe drie ‘straights’ kom moles maak het. Toe kry hulle te doen met pienk vuiste en die plathand van ’n lesbiër,” gie-gie hy (Yolanda Barnard, Centurion Rekord, 16 Mei 2015). ◌ ENGELS: pink
› pienk belasting neiging of verskynsel dat produkte wat spesifiek aan vroue bemark word, duurder is as soortgelyke artikels wat aan mans bemark word, wat dus neerkom op geslags- of gendergebaseerde prysdiskriminasie. ◌ ENGELS: pink tax
oorsprong:
Van die waarneming dat produkte wat op vroue afgestem is, dikwels pienk is.
› pienk ekonomie
1 ondernemings en dienste vir, van of ondersteun deur gay persone.
2 ondernemings en dienste vir, van of ondersteun deur vroue. ◌ ENGELS: pink economy
UITDRUKKING(S):
♦ pienk en plesierig goed en vrolik: › Man, alles is dooddollies en pienk en plesierig. Wyn word by die liters gedrink, daar is selfs ’n troue in ’n kerk waar ons inloer en ons swem in die groot blou waters (Herman Lategan, Vrye Weekblad, 4 September 2020). › Die nuwe [drankie] tref die oog op die rak, want dit lyk so pienk en plesierig en dit proe so goed soos dit lyk (Huisgenoot, 23 November 2018). ◌ SINONIEM(E): voor die wind | klopdisselboom
pedi
pediatries
penniepolonie
pepa
pepino
perd
perigeummaan
perioperatief
permakrisis
pers
persentasiepunt
persoon
persoonlikheid
pesketariër
pesketarisme
pestemal
phishing
phola
picklebal
pieksel
piemp
pieng
pienggereg
pienk
pienke
pienkoog
pienkvoet
piepie
pikkel
pikkelbal
pikosatelliet
PIMS
PIMS-TS
piñata
piñatakoek
Pinyinsisteem
pirocumulonimbus
pirocumulus
pirokonveksie
pis
pissie
pitaja
pizzapastei
PK
PKR
plafon
plak