Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
padel s.nw. [geen meervoud] spel, soortgelyk aan tennis, wat op ’n baan met agter- en symure gespeel word met ’n snaarlose raket, min of meer so groot soos ’n strandraket, en ’n bal soortgelyk aan ’n tennisbal, gewoonlik deur twee spanne met twee spelers elk: › Ek vra vir dominee Ivor Swartz wat hy dink van padel en hoe dit sy kerk in Pretoria-Oos beïnvloed het. “Handjietennis vir ryk mense stel ek nie in belang nie,” aldus Ivor (Celeste Theron, Vrye Weekblad, 21 Februarie 2025). › Net in Spanje is daar alreeds meer as 20 000 bane en meer as 57 lande speel al padel. Sodra 75 lande dit speel kan dit kwalifiseer as Olimpiese-sport [...] Elk geval, padel het in 1969 ontstaan toe die Meksikaan Enrique Corcuera besluit het om die muurbalbaan by sy huis bietjie te “modify” sodat hy ’n paar nuwe dinge kan probeer. En soos enige goeie kultus ’n vader kort, word Enrique vandag gesien as die vader van padel (Bouwer Bosch, Vrye Weekblad, 1 Maart 2024). › Omdat die baan omtrent die helfte so groot is soos ’n tennisbaan, noem ek dit ’n “low skill sport”. Jy hoef nie hard te slaan nie en die reëls is baie eenvoudig [...] Die tellingsisteem werk presies soos met tennis. Die bal is ’n katspoegie kleiner as ’n tennisbal, maar jy sal dit nie eens agterkom nie. Padel gaan nie oor spoed of krag nie, dit gaan oor geduld en taktiek (Bouwer Bosch, Vrye Weekblad, 1 Maart 2024). › Padel is een van die vinnigs groeiende sportsoorte ter wêreld. En sedert die eerste bane laat in 2020 in SA gebou is, het dit behoorlik hier vlamgevat (Suzette Truter, Sarie, 20 November 2023 ).
◌ SINONIEM(E): padeltennis
◌ ENGELS: padel | padel tennis
oorsprong:
Spaans pádel raket.
samestelling(s):
padelbaan: › Alhoewel daar tans meer padelbane as NG kerke in Suid Afrika is, grens dit dalk aan ’n kultus (Bouwer Bosch, Vrye Weekblad, 1 Maart 2024).
padelwedstryd
ouerskaamte
oulapworsie
oumagroot
oupagroot
oupapoeier
ouroboros
ouskool
Outa
outismespektrum
outjie
outokefaal
outokefalie
outosefaal
outosefalie
outo-sensories
ovo-lakto-vegetariër
OWO
paaldans
paaldanser
paan
paartie
padasang
paddabeentjie
padel
padeltennis
padlangs
pak-choi
paksoi
palliatief
palmleser
palmplak
pamfletmooi
pamperlang
pandemikus
panglossiaans
paniekinkope
paniekinkopies
pannekoek=
pannekoekmens
panseksualiteit
panseksueel
panslaner
pantoniem
pap
papegaaislaai
papie
papier