Bygewerk op 14 Januarie 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

trend s.nw. | trends | (Engels) neiging; modeneiging; (mode)gier; tendens: Om reg te eet vir jou liggaam en gees sal in 2021 ’n trend wees (Huisgenoot, 8 Januarie 2021 ). [Ontrommel is] toenemend ’n trend […]: Ál meer mense woon in kleiner plekke. En, soos almal weet, as jou pakplek knap raak, is daar net een oplossing: Pak reg en gooi weg! (Tuis, 13 Januarie 2020). ’n Natuurlike, stralende vel is hoogmode in die skoonheidswêreld. Die […] trend het al verlede jaar beïnvloed hoe ons ons algehele grimeervoorkoms benader sodat ons gelaat vlekkeloos en glansend lyk asof dit lig soos glas reflekteer (Suanné Mulder, Sarie, 17 Januarie 2020). Maak seker jy bly nie in die duister nie. Hier is die grootste trends in die kombuis en die onthaalkamer (Carmen Petersen, Huisgenoot, 3 Januarie 2020). Top-trends vir pragtige tuine (Tuis, 13 Januarie 2020).

 Nuut: Taal grondslag van kinders se grondslagfase (rubriek) | Woorde van 2021 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther