Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
panglossiaans s.nw. [ook met ’n hoofletter] | panglossiaanse | buitensporig optimisties: › Ek het rondgesnuffel [...] op soek na iets positiefs of opheffends om oor te skryf [...] Die probleem is: Ek’s nie eintlik goed met sonskynjoernalistiek nie. En ek’s doodbang om Panglossiaans te wees. Meer spesifiek, soos Voltaire al daardie jare gelede geskryf het: “Dit is onmoontlik dat dinge anders behoort te wees as wat dit is, want alles is reg” (Ismail Lagardien, Vrye Weekblad, 14 Januarie 2022). ◌ ENGELS: Panglossian
oorsprong:
Na die filosofie van die karakter dr. Pangloss, ’n pedantiese ou leermeester in Voltaire se satiriese roman Candide, naamlik: “In hierdie wêreld, die beste van alle wêrelde, gebeur alles ten beste”.
outokefaal
outokefalie
outosefaal
outosefalie
outo-sensories
ovo-lakto-vegetariër
OWO
paaldans
paaldanser
paan
paartie
paddabeentjie
padel
padeltennis
padlangs
pak-choi
paksoi
palliatief
palmleser
palmplak
pamfletmooi
pamperlang
pandemikus
panglossiaans
paniekinkope
paniekinkopies
pannekoek=
pannekoekmens
panseksualiteit
panseksueel
panslaner
pantoniem
pap
papegaaislaai
papie
papier
papierblom
papierbrigade
papmasjien
parafilie
pareidolie
parrabeen
parrabeentjie
partjies
partner
partytjie
pasiënt