Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

opslaanwinkel s.nw. | opslaanwinkels | opslaanwinkeltjie |
1
winkel waarvan die samestellende dele betreklik maklik inmekaargevoeg en uitmekaargehaal kan word ten einde die geheel betreklik maklik van een plek na ’n ander te kan verskuif: ’n Man was ’n minibustaxi naby ’n opslaanwinkel in die Elias Motsoaledi- informele nedersetting in Soweto (Fotobyskrif, Netwerk24, 1 Oktober 2020).
ENGELS: prefab shop | prefabricated shop | pop-up shop

2
winkel wat eensklaps verskyn, opgerig of geopen word, met die bygedagte dat dit slegs tydelik in die betrokke lokaal of op die betrokke perseel gaan sake doen: Kaapstad is die enigste stad op die vasteland [...] waar aanhangers van die Amerikaanse rapper Kanye West dié naweek artikels met sy handelsmerk in opslaanwinkels (pop-up shops) kan koop. Presies waar die winkels gaan wees, is nog nie bekend nie en aanhangers sal slegs 24 uur voor die opening van elkeen op die kletsrymer se webtuiste kan sien waar dit is (Romantha Botha, Netwerk24, 18 Augustus 2016). Ek stap deur en ontmoet een van die mede-eienaars van die gebou [...] in die deel wat as ’n opslaanwinkel bedryf word. Hier word die mooiste handwerk uitgestal, van gerestoureerde meubels tot keramiek en kuns (Karla Janse van Vuuren, Netwerk24, 24 Augustus 2019).
SINONIEM(E): opskietwinkel
ENGELS: pop-up shop


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther