Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
paaldans s.nw.
1 [geen meervoud] dans wat bestaan uit ’n kombinasie van buigsame of akrobatiese, sierlike of sensuele bewegings wat om, aan en teen ’n paal uitgevoer word: › R. se lewe voel soms of dit kan uitrafel, maar sy weet hoe om daardie toutjies bymekaar te hou met gereelde oefening in die gim en ook paaldans om haar besige kop skoon te hou [...] As ander mense issues met paaldans het, is dit hulle probleem (Haidee Muller-Isaacs, Netwerk24, 21 Oktober 2022). › Dit is belangrik om op te let dat paaldans nie net tot ’n sensuele konteks beperk is nie, alhoewel daar sulke vertonings is. Dit kan ook ’n vorm van fiksheidsoefening, selfuitdrukking of kunstige uitvoering wees en word deur ’n verskeidenheid mense beoefen (ChatGPT, 5 Desember 2023). ◌ ENGELS: pole dancing
2 | paaldanse | paaldansuitvoering: › Ek voel nou al maande lank uitgelewer aan en vasgevang tussen die versoeking van ’n ryk pasta aan die een kant en die belofte van ’n paaldans aan die ander (Henk Serfontein, Vrye Weekblad, 21 Julie 2023). ◌ ENGELS: pole dance
oorsprong:
As kunsvorm het paaldans uit sirkus- en straatkunsomgewings ontwikkel.
afleiding(s):
paaldansery
KYK OOK: paaldanser
ouboeja
ouderdomsdiskriminasie
oudiobiblioteek
oudioblog
oudioblogger
oudioteek
ouerskaamte
oulapworsie
oumagroot
oupagroot
oupapoeier
ouroboros
ouskool
Outa
outismespektrum
outjie
outokefaal
outokefalie
outosefaal
outosefalie
outo-sensories
ovo-lakto-vegetariër
OWO
paaldans
paaldanser
paan
paartie
paddabeentjie
padel
padeltennis
padlangs
pak-choi
paksoi
palliatief
palmleser
palmplak
pamfletmooi
pamperlang
pandemikus
panglossiaans
paniekinkope
paniekinkopies
pannekoek=
pannekoekmens
panseksualiteit
panseksueel
panslaner