Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
oplaaispoed s.nw. [geen meervoud] (internet) spoed waarteen data van jou rekenaar na die internet oorgedra word: › Oplaaispoed is belangrik wanneer jy byvoorbeeld video-oproepe maak of groot dokumente na ’n kantoornetwerk oplaai. As jy veselinternet wil kry en dit net nodig het vir e-pos stuur en ontvang, op die internet rondblaai en af en toe ’n YouTube-video kyk, behoort ’n 10 Mbps-aflaai- en 2 Mbps-oplaaispoed piekfyn te wees. Maar as jy van die huis af moet werk en video-oproepe maak en lêers vinnig met kollegas deel, behoort jy minstens ’n 20 Mbps-aflaai- en 20 Mbps-oplaaispoed te hê (Huisgenoot, 19 Junie 2020).
◌ TEENOOR: aflaaispoed
◌ ENGELS: upload speed
ongeleide projektiel
ongevuur
onsinverklikker
onthaasting
ontie
ontlaer
ontmeng
ontrommel
ontsmettingstonnel
ontsnapspel
ontwerpersbaba
ontwerpershond
ontwikkelingstaat
oondstad
oorbruggingstaal
oor-die-toonbank-
oorgang
oormaatsterftes
oorspanningsafleier
oorwurm
opeindig
opgetrek
opgie
oplaaispoed
Opod
oppervlakweb
oppie
oppotskaamte
opsikleer
opsitwerf
opskaal
opskiet=
opskiettent
opskietwinkel
opslaanwinkel
opsmêsh
opsmêsj
opsnol
optjommie
opvolginenting
opwentel
opwip-
opwipkanaal
opwipwinkel
oranje
Oranjeman
orgaanroof