Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
opwentel ww. wentel op | het opgewentel |
1 na bo of boontoe wentel of draai: › [Daar is oopmond gestaar na wat ’n meisie van die Oekraïne] op ’n paal kan doen, hoe sy soos ’n spinnekop in die wind met knieë en elmboë teen die paal opwentel, hoe sy koponderstebo aan die bokant hang, vryval en haar met net haar dye keer (VivA-korpus).
2 (figuurlik) na bo of boontoe gaan, neem, voer, verskuif of verplaas: › besluite, funksies, kwessies, verantwoordelikhede opwentel › [Prof. Dani] Rodrik se evaluering van die vermoë van verskillende lande om op die 2007-krisis te reageer [in sy boek The Globalization Paradox], was dat lande met hul eie beleidsruimte beter gevaar het as lande waar beleidsbesluite reeds na internasionale instellings opgewentel is. (Jaco Kleynhans, Rapport, 3 Mei 2020). › Eintlik is die idee van verteenwoordigende leierskap, soos wat ek dit verstaan, dat leerlingkwessies moet opwentel tot by die skoolbeheerliggaam (SBL) en SBL-sake weer afwentel tot op die leerlinge se vlak (Netwerk24, 5 September 2017). › Die Party staan vir ’n konfederasie of gemenebes waar outonomie by die deelstate berus, wat kan besluit watter funksies hulle na die konfederasie wil opwentel (Die Burger, 29 Augustus 1992). › Elke staat besluit self watter sake hy na die oorkoepelende federale raad wil opwentel (Beeld, 9 Desember 1992). ◌ TEENOOR: afwentel ◌ ENGELS: move up | shift up | advance | escalate | promote
afleiding(s):
opwenteling: › opwenteling van gesag
oormaatsterftes
oorspanningsafleier
oorwurm
opeindig
opgetrek
opgie
oplaaispoed
Opod
oppervlakweb
oppie
oppotskaamte
opsikleer
opsitwerf
opskaal
opskiet=
opskiettent
opskietwinkel
opslaanwinkel
opsmêsh
opsmêsj
opsnol
optjommie
opvolginenting
opwentel
opwip-
opwipkanaal
opwipwinkel
oranje
Oranjeman
orgaanroof
organoïed
orka
ortofemisme
ôs
oshana
OSMR
ôsse
OSW
OTP
ouballie
ouboeja
ouderdomsdiskriminasie
oudiobiblioteek
oudioblog
oudioblogger
oudioteek
ouerskaamte