Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
opskaal ww. skaal op | het opgeskaal | op groter skaal bring, doen of voortsit; aan iets meer energie, krag, tyd, geld of dergelike bestee om dit op te bou, uit te brei, te vergroot of te verbeter: › [Die lugdiens] gaan opskaal tot sy volle bedryfsvermoë (Netwerk24, 27 Oktober 2020). › Ons gee noukeurig daaraan aandag dat uitbreiding nie die gehalte van ons produk in die gedrang bring nie. Ons sal eerder voortgaan met ons huidige proses van vakmanne oplei as om miljoene te investeer in masjinerie om produksie op te skaal (Finweek, 28 April 2016). › Ons het vinnig opgeskaal. Ons was nie voorbereid op daardie tipe verhoogde aanvraag nie (Vrye Weekblad, 9 April 2021). ◌ TEENOOR: afskaal ◌ ENGELS: upscale
afleiding(s):
opskaling: › ’n Neuro-sielkundige evaluasie is van onskatbare waarde om te bepaal watter vaardighede aangetas is en watter kan dien as sterk punte om te help met die opskaling van die aangetaste vaardighede (Kuier, 9 Augustus 2017).
KYK OOK: afskaal
ontrommel
ontsmettingstonnel
ontsnapspel
ontwerpersbaba
ontwerpershond
ontwikkelingstaat
oondstad
oorbruggingstaal
oor-die-toonbank-
oorgang
oormaatsterftes
oorspanningsafleier
oorwurm
opeindig
opgetrek
opgie
oplaaispoed
Opod
oppervlakweb
oppie
oppotskaamte
opsikleer
opsitwerf
opskaal
opskiet=
opskiettent
opskietwinkel
opslaanwinkel
opsmêsh
opsmêsj
opsnol
optjommie
opvolginenting
opwentel
opwip-
opwipkanaal
opwipwinkel
oranje
Oranjeman
orgaanroof
organoïed
orka
ortofemisme
ôs
oshana
OSMR
ôsse