Bygewerk op 4 September 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

Twitterstorm s.nw. | Twitterstorms | (sosiale media) beroering/opskudding op die sosialemediaplatform Twitter, gekenmerk deur ’n stortvloed twiets wat met ’n bepaalde nuusgebeurtenis of saak verband hou: Verlede Woensdag, 17 April, ontwaak ek midde die oog van (nog) ʼn Afrikaanse Twitterstorm (Gerhard van Huyssteen, “Die Land: Dis ’n storm in 'n glasie water”, VivA, 26 April 2019). Zille se postverkiesing-Twitterstorm oor wit en swart bevoorregting is inderdaad ’n vorm van “slaan terug”, die Vryheidsfront Plus se slagkreet wat dié party soveel stemme besorg het (Max du Preez, Vrye Weekblad, 24 Mei 2019). | ENGELS: Twitterstorm
KYK OOK: mediaherrie


 Nuut: Red ons van Plastiekengels (rubriek) | Son en skaduwee (rubriek)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther