Bygewerk op 2 Oktober 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

tjaks tussenwerpsel, bw. vinnig en met mening; net daar; op die daad/plek: Jy koos my met ’n pap snoek omslat toe ’n vrou nou die dag by die lesinglokaal inwals waar van die studente hul vakkeuses kom registreer, haar oë tot in alle ewigheid op die uwe en kom neem toe tjaks oorkant my plaas (’n vrou soos sy loop sit nie maar net nie, nee, sy neem plaas) (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 14 Februarie 2020). In die hofsaak het dit uitgekom dat Quinton en sy bende by Danny se huis probeer inbreek het om drank te steel. Danny het hulle egter tjaks gevang toe hy nog whiskey gaan haal het (Kuier, 6 Mei 2015).ENGELS: there and then | at once | on the spot

 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther