Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 5 Februarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

okkapyp s.nw. | okkapype | (Suid-Afrika) apparaat vir die rook van gegeurde tabak wat bestaan uit ’n houer vir die rookgoed, ’n metaalskag wat van die tabakhouer loop tot in ’n houer van glas wat met water (of soms alkohol) gevul word, en ’n buigsame pyp met ’n mondstuk waardeur die rook ingesuig word: In die sak was sy okkapyp en ons het niks daarvan gedink nie (Kuier, 18 Augustus 2022). Okkapype is allesbehalwe ’n nuwe gier. Hoewel niemand weet presies waar en wanneer die eerste okkapype hul opwagting gemaak het nie, is daar wel talle bewyse dat die rook van hierdie waterpype al eeue gelede in verskillende wêrelddele vlamgevat het (Ilse Zietsman, Rapport, 6 September 2020). Historici wys daarop dat ’n Persiese digter, Ahli Sjirazi, reeds omstreeks 1535 ’n kwatryn (’n vers met vier reëls) geskryf het waarin hy oor die rook van ’n okkapyp gedig het. Volgens dié geskiedkundiges het okkapype in Persië ontstaan en vandaar het die rookgewoonte na Indië oorgewaai (Ilse Zietsman, Rapport, 6 September 2020). ’n Okkapyp bestaan uit verskillende onderdele: die glasfles of -vaas, pyp, klep, pakstuk (gasket), metaalsteel, metaalplaat, kleibakkie (wat amper soos ’n wye eierkelkie lyk) en soms ’n windskerm. Die silikoonrubberpyp waardeur gerook word, is donkiejare gelede uit leer en draad geprakseer. Koper en brons word nie meer vir die vervaardiging van metaalstele gebruik nie; vlekvryestaal en aluminium het dit vervang. Die ronde metaalplaatjie vang die assies van die kole op (Ilse Zietsman, Rapport, 6 September 2020). Verskillende lande het verskillende benamings vir okkapype. Party historici glo dat tradisionele daggapype die Afrika-ekwivalent van okkapype is (Ilse Zietsman, Rapport, 6 September 2020). Ouers met wie Kuier gepraat het, sê hulle het glad nie gehou van die idee van hul kinders wat okkapyp rook nie, maar het dit in hul huise toegelaat omdat hulle dan verseker kon wees dat ander dinge soos dagga nie bygevoeg sal word nie (Elmarine Anthony, Kuier, 6 Augustus 2018).
SINONIEM(E): hookah | nargileh | sjisja | shisha | waterpyp
ENGELS: hubbly bubbly | waterpipe


samestelling(s):
okkapyprook: Die gesondheidsrisiko’s van okkapyprook is al in verskeie internasionele studies bevestig (Kuier, 6 Augustus 2018).
okkapyproker: Okkapyprokers stel hulself bloot aan verskeie gifstowwe, volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) (Kuier, 6 Augustus 2018).


Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther