Bygewerk op 22 September 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

trapklip s.nw. | trapklippe | trapklippie |
1
klip wat ’n entjie bokant die grond of bo water uitsteek, waarop ’n mens trap sodat jy droogvoets van een plek na ’n ander kan stap: Die oudste “brûe” was waarskynlik boomstompe en slingerplante wat versigtig gelê is oor waterstrome wat so diep of breed was dat ’n mens nie daardeur kon loop of daaroor kon spring nie. Dit kon gevolg het op ’n gebruik om groot trapklippe in waterstrome só te spasieer dat ’n mens die strome kon oorsteek sonder om daardeur te waad (Mieliestronk.com). Deesdae is trapklippe ’n gewilde dekoritem, aangesien lae instandhouding en droogte-bestandheid ’n belangrike vereiste vir vandag se tuinier is (Lizelle van Jaarsveld, Beeld, 2 November 2007).

2
(figuurlik) gebeurtenis, middel of handeling wat iemand nader aan die verwesenliking van ’n bepaalde doel/oogmerk bring: Ek het groot respek vir P. en ek wou nie sy naam misbruik as ’n trapklip ter bevordering van my eie loopbaan nie (Beeld, 9 Augustus 1990). Hy wil graag in die toekoms ’n wedstryd begin wat vir ’n jong haarkapper/stilis ’n trapklip kan wees om ’n loopbaan te vestig (Martie Swanepoel, Beeld, 16 November 1999). Moet ook nie tydens die onderhoud openlik te kenne gee dat jy eintlik net in die pos belang stel as ’n trapklip na iets beter nie (Karen Nelmapius, Beeld, 12 April 2000). | SINONIEM(E): stapklip | ENGELS: stepping stone

UITDRUKKING(S):
struikelblokke in trapklippe verander


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther