Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
oormaatsterftes s.nw. [meervoud] te veel sterftes in ’n bepaalde gebied in ’n bepaalde tydperk wat aangedui kan word deur die verskil te bereken tussen die waargenome getal sterftes en die verwagte getal sterftes in dieselfde tyd, vergeleke met historiese syfers aan die hand waarvan die normale patroon van natuurlike sterftes in die gebied vasgestel kan word: › Die geografie van die sterftes, die tyd waarin dit gebeur het, en die ouderdom – vergeleke met die historiese data – dui aan dat ’n hoë aantal van die oormaatsterftes weens Covid-19 was (Vrye Weekblad, 15 Januarie 2021). › Volgens die Departement van Gesondheid is die amptelike Covid-19-sterftesyfer 23 827. Maar die oormaatsterftes staan volgens die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se jongste verslag op 56 607 (Elsabé Brits, Vrye Weekblad, 18 Desember 2020). › ’n Skerp daling in die getal oormaatsterftes in die land in die eerste week van Augustus kan daarop dui dat die koronaviruspandemie moontlik reeds sy piek bereik het (Warda Meyer, Netwerk24, 13 Augustus 2020).
◌ ENGELS: excess deaths
omicron
omikron
omkyktwak
ondernemingsredding
onderwatertuig
ongeleide missiel
ongeleide projektiel
ongevuur
onsinverklikker
onthaasting
ontie
ontlaer
ontmeng
ontrommel
ontsmettingstonnel
ontsnapspel
ontwerpersbaba
ontwerpershond
ontwikkelingstaat
oondstad
oorbruggingstaal
oor-die-toonbank-
oorgang
oormaatsterftes
oorspanningsafleier
oorwurm
opeindig
opgetrek
opgie
oplaaispoed
Opod
oppervlakweb
oppie
oppotskaamte
opsikleer
opsitwerf
opskaal
opskiet=
opskiettent
opskietwinkel
opslaanwinkel
opsmêsh
opsmêsj
opsnol
optjommie
opvolginenting
opwentel