Bygewerk op 2 Maart 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 449

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

pamperlang ww. | het gepamperlang |
1
(uit Engels) bederf: Pamperlang jou vel (Sarie, 18 Augustus 2022). Of jy nou jouself met ’n spoggerige salonbehandeling bederf of sommer net tuis pamperlang, daar is geen twyfel dat gereelde manikure en pedikure jou hande en voete in topvorm sal hou en sal klaarspeel met vele probleme wat kan opduik nie (Huisgenoot, 10 Junie 2022). Die vroue is gepamperlang en kon agteroorsit terwyl hul hare en voete versorg is (Weslander, 22 Augustus 2022).ENGELS: pamper

2
(verouderd) by iemand flikflooi of iemand vlei met die doel om iets te kry.ENGELS: coax | butter (someone) up

’n Slegte ruil?

Baie Afrikaanse woorde verloor hulle oorspronklike betekenis deurdat die betekenis van oënskynlik eenderse Engelse woorde op hulle oorgaan. As Afrikaans daardeur aan die een kant verloor sonder dat hy aan die ander kant iets bykry, word dit ’n slegte ruil.

Kyk byvoorbeeld wat met pamperlang gebeur het. Dit was oorspronklik ’n nuttige woord wat beteken om te flikflooi, witvoetjie te soek, deur vleiery iets te verkry, mooi broodjies te bak. ’n Kind wat graag iets wou hê, veral iets waarin sy ouers geen sinnigheid gehad het nie, kon by hulle pamperlang totdat hy dit kry.

Volgens Boshoff en Nienaber se Afrikaanse Etimologie kan dié woord dalk afkomstig wees van die Ou Friese woorde pampeln, wat “klets” beteken, en (an)langen, wat “aankom” beteken. Pamperlang sou dan eintlik beteken het om met kletspraatjies aan te kom.

Maar dié oorspronklike betekenis van die woord het al hoe verder op die agtergrond beland.

Vandag word pamperlang hoofsaaklik gebruik as vertaling van die Engelse pamper – om te koester, vertroetel, verwen of bederf. Al het die woorde eintlik net die eerste twee lettergrepe gemeen.

In sy nuwe gedaante is pamperlang besig om verwen en bederf te verdring. Eintlik verloor ons dus na albei kante toe.

J.J.J. Scholtz
Taalgereedskap: Die Burger, 14 Oktober 1991 © Netwerk24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.  



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther