Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
ouderdomsdiskriminasie s.nw. [geen meervoud] diskriminasie teen iemand op grond van sy/haar (gewoonlik gevorderde) ouderdom: › Die model Paulina Porizkova is op sosiale media ’n sterk voorstander vir vroue se reg om hul ouderdom te lyk en ook ’n uitgesproke teenstander van die ouderdomsdiskriminasie wat van ouer vroue konstante teikens maak (Madeleine Barnard, Vrye Weekblad, 7 Januarie 2022). › Ouderdomsdiskriminasie skep ’n drogbeeld wat daartoe lei dat die meeste mense nie voorbereid is op hierdie fase nie, dat dit nie oordink word nie, en dat mense nie regtig met die idee van oud word wil omgaan nie (Rayne Stroebel, Vrye Weekblad, 17 Mei 2019). › “Ek veg nou teen ouderdomsdiskriminasie; ek word gestraf omdat ek 60 is” (Madonna, aangehaal deur Nici de Wet, Huisgenoot, 23 Mei 2019). › Al bestaan wetgewing teen ouderdomsdiskriminasie in die meeste beskaafde lande, Suid-Afrika ingesluit, word dit feitlik nêrens toegepas nie, waarskynlik omdat diskriminasie teenoor ouer mense meestal as sosiaal aanvaarbaar gereken word (Annelize Visser, Vrye Weekblad, 7 Junie 2019).
◌ ENGELS: ageism | agism
opsmêsh
opsmêsj
opsnol
optjommie
opvolginenting
opwentel
opwip-
opwipkanaal
opwipwinkel
oranje
Oranjeman
orgaanroof
organoïed
orka
ortofemisme
ôs
oshana
OSMR
ôsse
OSW
OTP
ouballie
ouboeja
ouderdomsdiskriminasie
oudiobiblioteek
oudioblog
oudioblogger
oudioteek
ouerskaamte
oulapworsie
oumagroot
oupagroot
oupapoeier
ouroboros
ouskool
Outa
outismespektrum
outjie
outokefaal
outokefalie
outosefaal
outosefalie
outo-sensories
ovo-lakto-vegetariër
OWO
paaldans
paaldanser