Bygewerk op 9 Mei 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 475

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

pap s.nw. [gewoonlik enkelvoud] (kookkuns) mieliemeelgereg  ENGELS: porridge | pap

UITDRUKKING(S):
pap skep (figuurlik) jou aan geld of ander (by)voordele help, gewoonlik met die bygedagte van onregmatigheid: Terwyl die uitvoerende bestuurders in munisipaliteite pap skep, is dit werknemers op laer vlakke wat swaarkry (Vrye Weekblad, 13 November 2020).ENGELS: help yourself to gravy/etc.

oorsprong:
as dit pap reën, moet jy skep
as ’n geleentheid hom voordoen, moet ’n mens dit aangryp.


in jou pap stik (figuurlik) iets sien of hoor wat jou ontstel: Ek kon nie help om te wonder nie of van die miljoene mense wat in plakkerskampe regoor die land woon, dalk na die staatsrede geluister het en in hulle pap gestik het (Max du Preez, Vrye Weekblad, 21 Junie 2019).ENGELS: choke on something

pap en tik (soms skertsend) pap en sous, of iets dergeliks, veral waar stywe pap met die hand geëet, of op ’n vurk, daarin gedoop of daaroor gevee word voordat dit na die mond gebring word: Jy wil tog nie op jou oudag van pap en tik en staatsaalmoese leef nie (Leon-Ben Lamprecht, Netwerk24, 18 Desember 2021). Vir pap en tik sal ’n te maer vleisie nie deug nie. Die tjoppie aan die toutjie in die middel van die tafel waarteen elke eetgenoot sy bolletjie stywepap tik, moet darem in sy eie vetjie gebraai het om te kan “afgee” aan die pap (Die Burger, 13 Januarie 1995). Om as denkende volwassene in ’n vuurhoutdoos-huisie te oornag terwyl skote buite klap ... Om saans weer donker tuis te kom en ’n nederige maaltyd van pap en tik te geniet (Beeld, 4 Februarie 1999).


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

Bruilof-wortels lê geanker in rituele (Netwerk24)

Word daar nog saans stories in jou huis vertel? (Netwerk24)

Dit is waar ’n babbeljoentjie vandaan kom (Netwerk24)

Dalk is dit nou tyd vir Red-’n-Woord-projek? (Netwerk24)

“Engels hou só Afrikaans se arms omhoog” (Netwerk24)

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther